Droomland bied aan Spoegwolf & Vriende @ Loftus Park
- Doors open: 10:00
- Show Starts: 10:00
- Show Ends: 18:00
About this event:
In die mooi weer van Pretoria slaan die Droomlandspan 'n klein fees op. Vlaggies, mense op die gras, musiek en 'n dagdroom van vrede in die besige hart van Loftuspark. Spoegwolf, Droomsindroom, Joshua na die Reën, Booshle G, Ons, Pony Jones en jy.
Line up tye:
10:00 Hekke maak oop
11:00 Pony Jones
12:00 Ons
13:00 Booshle G
14:00 Joshua Na Die Reën
15:00 Droomsindroom
16:30 Spoegwolf
Belangrike inligting vir die konsert:
1. Alle ouderdomme is welkom, bring asb 'n ID as jy toegang wil hê tot die kroeg area.
2. U is welkom om 'n piekniek mandjie met peuselhappies te pak, ongelukkig word geen eie alkoholiese en nie-alkoholiese drankies toegelaat nie.
3. U is welkom om kampstoele en piekniek komberse te bring.
4. Ons verskaf baie skaduwee! Jy kan ook ’n sambreel bring, ongelukkig geen gazebos nie.
5. Onthou jou hoed en sonskerm.
6. Kroeg aanvaar kontant en kaart.
7. Veilige parkering by Loftus Park sentrum.
8. Kinders onder 6 kan gratis inkom.
Reg Van Toegang Voorbehou