Die Waterplek Gabriëllië - Carina Stander Boekbekendstelling 16 November
Date: Saturday, 16 November 2024 - Saturday, 16 November 2024
Price: R 100,00
Venue: Welgemeend View map
- Doors open: 11:00
- Show Starts: 11:00
- Show Ends: 13:30
About this event:
Kom vier die einde van Die Bergengel-boekreeks deur Carina Stander.
✨Die Waterplek Gabriëllië
🦋16 November 2024
⌛11:00
🌿Welgemeend, Gardens, Kaapstad
🫶R100 per persoon (Sluit in eetgoed en boekbekendstelling toegang) (Sluit uit verpligtende Plankton.mobi diensfooi)
Carina Stander sal met Jonathan Amid in gesprek wees oor die einde van haar boekreeks. Word betower deur stories en Gabriëllië-geinspireerde eetgoed in 'n geskiedkundige Kaap-Hollandse herehuis met Tafelberg op die agtergrond.
Al vier boeke in die reeks sal te koop wees, asook ‘n beperkte oplaag Gabriëllië-geinspireerde inksketse en kunstige herdenkingsdae-kalenders deur Carina.
🍇Op die spyskaart:
Vrugtestokkies met goudstof
Filo-tertjies met baba tamaties en vars basilkruid
Betowerde mini kaaskoekies met eetbare blommetuin
Vrugtewater met suurlemoen en bessies
Tuisgemaake Granny Smith appel-en-ment ystee
Koffie en tee
Bespreking van kaartjies sal slegs beskikbaar wees tot 12 November (4 dae voor die boekbekendstelling).
Kaartjies slegs beskikbaar op Plankton.mobi, geen herverkoop word aanvaar nie. Kaartjies is nie terugbetaalbaar. Vir meer inligting e-pos carinastander@gmail.com